Gallery

and Testimonials

Testimonials

“Ons het ons nuwe Edgeout na die Kgalagadi geneem om haar uit te toets. Vir die wat al daar was, sal weet dat die Park se sinkplaat paaie met tye uitdagend kan wees. As iets nie daar los skud nie, sal dit NOOIT los skud nie. Ons het die roete gedoen van Twee Rivieren na Mata Mata en daarvandaan na Nossob en terug na Twee Rivieren. Volle 550 km. Daarna die Mokala Park aangedurf na reën en baie modder op die paaie. My gevolgtrekking, die Waentjie het hom ongelooflik goed gedra en bewys. Ek is beïndruk. SOOS BAIE.”

Kobus en Yvette Potgieter

“Ek kan voorwaar die bekostigbare Edgeout aanbeveel. Dit lyk soos Elon Musk se nuwe oorlogspeelding. Die ontwerp is innoverend nuut. Die Edgeout is geweldig prakties uitgelê met ordentlike matras en kombuis met alles in en daar is geen gesukkel om dit op te slaan nie. Alle nuutste tegnologie is deel van jou pakkie. Almal gaan by jou saans kom kuier met daardie mooi kersfeesgevoel wat met die verskillende kleure neonligte by die kombuis geskep is. Jy sal ‘n lekker middagslapie kan vat in jou koel wa sonder dat jy al die geluide van buite af hoor. Dis regtig ons aftreegeskenk want dit is ontwerp vir lui mense soos ek- sodra jy gestop het, is jy gereed om te gaan sit met jou drankie, terwyl die ander manne hulle moeg gaan sukkel om hulle boswaens op te slaan. Bravo aan die span wat hierdie teardrop boswa ontwerp en gebou het.”

Eric & Marie-Lize Coetzee